Thursday, 13 October 2011

Hou die deksel op!

In Ef 4:29 tot 32 Die woord van die Here vertel ons hier dat ons beheer moet hê oor dit wat ons sê en dat daar nie vuil woorde uit ons mond moet uitgaan nie. Die woorde wat ons praat moet van so 'n aard wees dat dit aan die wat dit hoor genade bewys en opbou, nie afbreek nie.Ons moet versigtig wees om nie die Heilige Gees te bedroef deur dit wat ons kwytraak nie, en onthou dat die toestaan van vergifnis broodnodig is as ons self vergifnis wil ontvang. Net 'n volwasse man en vrou in die Here kan in elk geval vergewe. Spreek lewe en nie dood en verwoesting nie. Mag die Here jou seën terwyl jy die deksel op jou gesiggie se opening hou!

No comments:

Post a Comment