Wednesday 2 November 2011

Waarmee is God se kindertjies besig?

In 2 Kor 12:20 sê Paulus dat hy bekommerd is oor wat hy sal vind sou hy die gemeente besoek. As God die kerk sou besoek in persoon sal dit sleg wees as Hy vers 20 se inhoud by ons sal vind : Twis, jaloersheid, toornigheid, verdeeltheid, kwaadsprekery, nuusdraery, verwaandheid en wanordelikheid.Die Here wil nie hê dat een van die goed by ons aanwesig moet wees nie, so kom ons doen ons bes met die leiding van die Heilige Gees saam om nie skuldig te wees aan een van die genoemde goed nie maar kom ons gee ons beste vir die Here. As daar nie iets goeterig is om te sê nie, sê dan eerder niks, en seën die wat jou te na kom. Mag die Here jou seën met net die beste!

No comments:

Post a Comment