Thursday 3 November 2011

Die lang pad


Partykeer is die pad wat mens saam met die Here stap, 'n lang en eensame pad. Jy kan jou vriende en familie verloor tydens hierdie staptog. In die lewe is daar byvoorbeeld twee poorte, `n nou poort en `n breë poort. Daar is twee paaie waarvan jy moet kies, die breë pad en die smal pad. Daar is twee bestemmings, die lewe en die verderf. Daar is twee groepe mense op die paaie, die baie en die min. Die een is wyd en oop en gemaklik, en daar is baie mense daarop. Dis `n lekker pad. Daar is jolliefikasie op daardie pad. Hulle kuier en skerts en lag en geniet dit. Die ander poort is smal en moeilik en dit is `n eensaam pad. Die Here Jesus staan vanmore hier voor jou en sê: Jy moet `n bewustelike keuse maak. Jy kan nie maar net aanploeter nie. As jy besluit om die pad van die ewige lewe te kies moet jy onthou: Die poort se draaihek laat ook nie bagasie toe nie. - Jy kan nie jou titels, of jou posisie of jou besittings saam neem as jy hier wil deur nie. - Hier gaan jy soos jou vinger deur, gestroop van alle pretensies. - Jy kan ook nie jou pad deur die hek koop nie. - Ongeag van hoe ywerig jy bygedra het tot die kerk en die gemeente ens. - daardie goed van jou pas nie deur die hek nie. Hier is dit jy en God alleen

No comments:

Post a Comment